Sy dissipels kom toe na Hom toe en sê: “Waarom gebruik U altyd sulke diepsinnige gelykenisse as U met die mense praat?” Hy antwoord hulle toe: “Omdat julle bevoorreg word om die geheime van God se koningsheerskappy te verstaan. Húlle word nie so bevoorreg nie. Hulle wat reeds verstaan, vir hulle sal nog meer gegee word en hulle sal oorvloedige kennis hê. Maar hulle wat nie insig het nie, van hulle sal ook nog die bietjie weggeneem word wat hulle wel verstaan. Ek praat met hulle by wyse van gelykenisse, want hulle kyk en tog sien hulle nie, en hulle hoor, maar tog luister en verstaan hulle nie. Die profesie van Jesaja word in hulle geval bewaarheid: ‘Julle sal my woorde hoor en tog nie verstaan nie. Julle sal sien wat Ek doen en dit tog nie werklik begryp nie. Ja, die hart van hierdie volk het verhard, en hulle hoor swaar met hulle ore, en hulle het hulle oë toegemaak sodat hulle nie dalk met hulle oë sien en met hulle ore hoor en met hulle hart begryp en tot bekering kom en Ek hulle gesond maak nie.’
Lees MATTEUS 13
Listen to MATTEUS 13
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: MATTEUS 13:10-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's