Johannes 17:24-26

Johannes 17:24-26 CAB23

Vader, Ek wil dat hulle wat U My gegee het, ook by My sal wees waar Ek is; dat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, want U het My liefgehad voor die grondlegging van die wêreld. O regverdige Vader, die wêreld het U nie geken nie, maar Ek het U geken, en hulle het geweet dat U My gestuur het. En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit verkondig, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het in hulle kan wees, en Ek in hulle.