Genesis 3:1-10

Genesis 3:1-10 CAB23

Die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Ja, het God gesê: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? Toe sê die vrou vir die slang: Ons mag eet van die vrugte van die bome van die tuin. Maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet en dit nie aanraak nie, sodat julle nie sterwe nie. En die slang sê vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie. Want God weet dat die dag as julle daarvan eet, julle oë geopen sal word, en julle soos gode sal wees deur goed en kwaad te ken. En toe die vrou sien dat die boom goed was om van te eet, en dat dit aangenaam was vir die oë, en 'n boom om te begeer om wys te maak, neem sy van die vrugte daarvan en eet en gee ook aan haar man daarvan; en hy het geëet. En hulle al twee se oë is geopen, en hulle het geweet dat hulle naak was; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle voorskote gemaak. En hulle het die stem van die HERE God hoor loop in die tuin in die koelte van die dag, en Adam en sy vrou het hulle weggesteek vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. En die HERE God het na die mens geroep en vir hom gesê: Waar is jy? En Adam sê: Ek het jou stem in die tuin gehoor, en ek was bang, want ek was naak; en ek het weggekruip.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid