O, dwase Galasiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, voor wie se oë Jesus Christus klaarblyklik geopenbaar is, onder julle gekruisig? Net dit wil ek van julle leer: Het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die gehoor van die geloof? Is julle so dwaas? het julle in die Gees begin, is julle dan nou deur die vlees volmaak? Het julle so baie dinge tevergeefs gely? as dit nog tevergeefs is. Hy dan wat julle die Gees bedien en wonders onder julle doen, doen hy dit uit die werke van die wet of deur die gehoor van die geloof? Net soos Abraham God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. Weet julle dan dat die wat uit die geloof is, hulle kinders van Abraham is. En die Skrif, wat voorsien het dat God die heidene sou regverdig deur die geloof, het voor die evangelie aan Abraham verkondig en gesê: In jou sal al die nasies geseën word. So word dan die wat uit die geloof is, geseën met die getroue Abraham.
Lees Galasiërs 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Galasiërs 3:1-9
5 dae
Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ontdek en hoe om sterk te staan.
15 Days
Over the course of 15 days, Paul David Tripp will remind you of God’s grace towards you—truths that never grow old. When “behavior modification” or feel-good aphorisms aren’t enough to make you new, learn to trust in God’s goodness, rely on His grace, and live for His glory each and every day.
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's