1 Johannes 4:12-19

1 Johannes 4:12-19 CAB23

Niemand het God ooit gesien nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons, en het sy liefde in ons volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, omdat Hy ons van sy Gees gegee het. En ons het gesien en getuig dat die Vader die Seun gestuur het om die Verlosser van die wêreld te wees. Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is, God bly in hom en hy in God. En ons het die liefde wat God tot ons het, geken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God en God in hom. Hierin is ons liefde volbring, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag, want soos Hy is, so is ons in hierdie wêreld. Daar is geen vrees in liefde nie; maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees het pyniging. Hy wat vrees, word nie in liefde volmaak nie. Ons het hom lief, omdat hy ons eerste liefgehad het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid