Titus 1:10-16

Titus 1:10-16 AFR20

Want daar is baie opstandiges, praatjiesmakers, en mense wat ander mislei, veral onder hulle wat besny is, van wie die mond gesnoer moet word, mense wat hele huishoudings omvergooi deur ontoelaatbare dinge te leer, en dit vir skandelike gewin. Een van hulle mense, hulle eie profeet, het gesê: Kretensers – altyd leuenaars, slegte ondiere, lui vrate! Hierdie getuienis is waar. Daarom, spreek hulle skerp aan, sodat hulle gesond kan word in die geloof, en hulle nie meer besig hou met Joodse mites en menslike voorskrifte wat van die waarheid afwyk nie. Alles is rein vir dié wat rein is, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie: sowel hulle denke as hulle gewete is besoedel. Hulle bely dat hulle God ken, maar weerspreek dit met hulle dade; hulle is afstootlik en onversetlik, onbekwaam om enigiets goeds te doen.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Titus 1:10-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid