Rut 1:1-3
Rut 1:1-3 AFR20
In die jare toe die rigters nog regeer het, was daar hongersnood in die land. 'n Man van Betlehem in Juda het tydelik in die gebied van Moab gaan bly, hy en sy vrou en sy twee seuns. Die man se naam was Elimeleg, sy vrou se naam was Naomi en sy twee seuns se name was Maglon en Kiljon. Hulle was van die Efrata-familie uit Betlehem in Juda. Hulle het in die gebied van Moab aangekom. Terwyl hulle daar was, is Naomi se man Elimeleg dood, en is sy en haar twee seuns agtergelaat.





