RUT 1:1-3
RUT 1:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Dit was in die tyd toe die leiers oor die Israeliete regeer het. Dit was baie droog in die land Juda, en die mense het niks gehad om te eet nie. 'n Man het weggegaan uit die stad Betlehem in die land Juda en hy het in die land Moab gaan woon. Hy was 'n vreemdeling in Moab. Die man se naam was Elimelek, en sy vrou se naam was Naomi, en sy twee seuns se name was Maglon en Kiljon. Hulle het van Efrat gekom, dit is van Betlehem in Juda. Hulle het in die land Moab gekom en daar gebly. Naomi se man Elimelek het gesterf, en sy en haar twee seuns het oorgebly.
RUT 1:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN in die dae toe die rigters geregeer het, was daar hongersnood in die land; daarom het 'n man uit Betlehem-Juda weggetrek om as vreemdeling te vertoef in die veld van Moab, hy en sy vrou en sy twee seuns. En die naam van die man was Eliméleg en die naam van sy vrou Naómi en die naam van sy twee seuns Maglon en Giljon, Efratiete, uit Betlehem-Juda, en hulle het gekom in die veld van Moab en daar gebly. En Eliméleg, die man van Naómi, het gesterwe, maar sy met haar twee seuns het oorgebly.
RUT 1:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die tyd van die leiers was daar op 'n keer hongersnood in die land, en 'n man met sy vrou en sy twee seuns het uit Betlehem in Juda weggetrek om 'n heenkome te soek in die gebied van Moab. Die man was Elimelek, sy vrou Naomi, en sy twee seuns Maglon en Kiljon. Hulle was afkomstig uit Efrata in Betlehem in Juda. Hulle het in Moab aangekom en hulle daar gevestig. Toe Naomi se man, Elimelek, sterf, het sy en haar twee seuns alleen agtergebly.
RUT 1:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die jare toe die rigters nog regeer het, was daar hongersnood in die land. 'n Man van Betlehem in Juda het tydelik in die gebied van Moab gaan bly, hy en sy vrou en sy twee seuns. Die man se naam was Elimeleg, sy vrou se naam was Naomi en sy twee seuns se name was Maglon en Kiljon. Hulle was van die Efrata-familie uit Betlehem in Juda. Hulle het in die gebied van Moab aangekom. Terwyl hulle daar was, is Naomi se man Elimeleg dood, en is sy en haar twee seuns agtergelaat.
RUT 1:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het gebeur in die dae toe die regters beslis het, dat daar hongersnood in die land was. En 'n sekere man van Betlehem-Juda het gegaan om as vreemdeling in die land Moab te vertoef, hy en sy vrou en sy twee seuns. En die naam van die man was Elimeleg, en die naam van sy vrou Naomi, en die naam van sy twee seuns Maglon en Kiljon, Efratiete van Betlehem-Juda. En hulle het in die land Moab gekom en daar gebly. En Elimeleg, die man van Naomi, het gesterwe; en sy het oorgebly, en haar twee seuns.
RUT 1:1-3 Die Boodskap (DB)
Baie lank terug, in die tyd van die rigters voor Israel nog ’n koning gehad het, was daar hongersnood in die land. In dié tyd was daar ’n man met die naam Elimeleg. Hy het uit die gebied Efrata in die omgewing van Betlehem in Juda gekom. Hy het sy vrou, Naomi, en hulle twee seuns, Maglon en Kiljon, gevat en ’n tyd lank in die land Moab gaan bly. Terwyl hulle daar gebly het, is Elimeleg dood. Naomi en haar twee seuns het toe alleen in die vreemde land agtergebly.
RUT 1:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In die tyd toe die rigters in Israel opgetree het, het ’n man uit Betlehem in Juda uit die land weggetrek omdat daar ’n swaar hongersnood in die land was. Hy en sy vrou en twee seuns het in die land Moab gaan woon. Die man se naam was Elimelek en sy vrou was Naomi. Hulle twee seuns se name was Maglon en Kiljon. Hulle was Efratiete uit Betlehem in die land Juda. Hulle het in Moab aangekom. Terwyl hulle daar gewoon het, is Elimelek dood en het Naomi met haar twee seuns agtergebly.