Romeine 4:4-8

Romeine 4:4-8 AFR20

Iemand wat werk, se loon word nie as 'n guns gereken nie, maar as iets wat hom toekom. Iemand wat egter nie werk nie, maar glo in die Een wat die goddelose regverdig verklaar – vir hom word sy geloof as regverdiging toegereken. So noem ook Dawid die mens geseënd vir wie God regverdiging toereken, sonder werke: “Gelukkig is hulle wie se wettelose dade vergewe, en wie se sondes bedek is; Gelukkig is die mens vir wie die Here die sonde hoegenaamd nie toereken nie.”

Video vir Romeine 4:4-8

Gratis leesplanne en oordenkings oor Romeine 4:4-8