Romeine 14:13-21

Romeine 14:13-21 AFR20

Daarom, kom ons veroordeel mekaar nie meer nie. Maak dit eerder julle voorneme om nie vir julle broer 'n rede tot aanstoot of struikeling te verskaf nie. Ek weet – ja, ek is in die Here Jesus daarvan oortuig – dat niks vanself •onrein is nie. As iemand iets egter as onrein beskou, dan is dit vir hom onrein. As jy jou broer aanstoot gee deur wat jy eet, handel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur wat jy eet, iemand vir wie •Christus gesterf het, ten gronde laat gaan nie. Moenie toelaat dat die goeie wat daar by julle is, 'n slegte naam kry nie. Die •koninkryk van God is tog nie 'n saak van kos en drank nie, maar van •geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Wie Christus op hierdie manier dien, is aanneemlik vir God en aanvaarbaar by die mense. Kom ons streef dan na die dinge wat die onderlinge vrede en mekaar se opbou bevorder. Moenie ter wille van kos die werk van God tot niet maak nie. Alles is rein, maar dit is verkeerd om aanstoot te gee deur wat jy eet. Dit is goed om nie vleis te eet of wyn te drink, of enigiets te doen wat jou broer laat struikel nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Romeine 14:13-21

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid