Openbaring 2:1-5

Openbaring 2:1-5 AFR20

“Skryf aan die boodskapper van die •gemeente in Efese: “Dit sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, en wat tussen die sewe goue kandelare rondbeweeg, “ ‘Ek ken jou dade, jou inspanning en volharding, en weet dat jy slegte mense nie kan verdra nie. Daarom het jy daardie mense wat sê dat hulle •apostels is, maar nie is nie, getoets, en hulle as leuenaars uitgewys. Verder hou jy aan om te volhard, en het jy ter wille van my Naam baie verduur, sonder om moeg te word. Maar Ek hou dit teen jou dat jy jou eerste liefde versaak het. Onthou dan waarvandaan jy uitgesak het, en bekeer jou: Gaan doen weer wat jy vroeër gedoen het. Anders, as jy nie tot bekering kom nie, sal Ek na jou toe kom, en jou kandelaar van sy staanplek af verwyder.

Video vir Openbaring 2:1-5

Gratis leesplanne en oordenkings oor Openbaring 2:1-5