Psalms 19:1-7

Psalms 19:1-7 AFR20

Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend. Dag ná dag bring dit 'n boodskap voort en nag ná nag deel dit kennis mee. Alhoewel daar geen spraak en geen woorde is nie en hulle stem nie hoorbaar is nie, gaan hulle boodskap uit oor die hele aarde en hulle woorde tot aan die einde van die wêreld. Vir die son het Hy 'n tent opgeslaan in die hemel. Die son is soos 'n bruidegom wat by sy slaapkamer uitgaan – vol vreugde, soos 'n held wat op die pad hardloop. Aan die een kant van die hemel gaan hy op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy hitte nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid