PSALMS 19:1-7

PSALMS 19:1-7 NLV

Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande. Die een dag vertel vir die ander dag; die een nag vir die volgende nag. Hulle praat sonder woord of klank, geluidloos is hulle stem; hulle boodskap gaan uit oor die hele wêreld, hulle woorde tot die uiterste van die aarde. Die son se woonplek is in die hemel, waar God dit geplaas het. Soos ’n bruidegom verskyn hy uit sy kamer, soos ’n held op die baan, ywerig om weg te spring. Aan die een kant van die horison kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder. Niks kan sy hitte ontkom nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid