Psalms 18:30-36

Psalms 18:30-36 AFR20

Ja, met U hardloop ek 'n bende tegemoet, met my God spring ek oor 'n muur. God, sy weg is volmaak; die woord van die HERE is gelouter. Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. Ja, wie is God behalwe die HERE? Wie is 'n rots buiten ons God? God is die Een wat my met krag omgord en my pad gelyk maak. Hy maak my voete soos dié van wildsbokke; op hoë plekke laat Hy my vasstaan. Hy maak my hande bedrewe vir die geveg, sodat my arms 'n bronsboog kan span. U het vir my u skild van verlossing gegee, u •regterhand ondersteun my en u antwoord maak my sterk.

Versbeeld vir Psalms 18:30-36

Psalms 18:30-36 - Ja, met U hardloop ek
'n bende tegemoet,
met my God spring ek oor 'n muur.

God, sy weg is volmaak;
die woord van die HERE is gelouter.
Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
Ja, wie is God behalwe die HERE?
Wie is 'n rots buiten ons God?
God is die Een
wat my met krag omgord
en my pad gelyk maak.
Hy maak my voete
soos dié van wildsbokke;
op hoë plekke laat Hy my vasstaan.
Hy maak my hande bedrewe
vir die geveg,
sodat my arms 'n bronsboog
kan span.

U het vir my u skild
van verlossing gegee,
u •regterhand ondersteun my
en u antwoord maak my sterk.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 18:30-36