Psalms 111

111
1Halleluja!
א ALEF
Ek wil die Here prys met my hele hart,
ב BET
in die kring van opregtes
en in die byeenkoms.
ג GIMEL
2Indrukwekkend is die werke
van die Here,
ד DALET
'n bron van nadenke vir almal
wat vreugde daarin vind.
ה HE
3Vol luister en glansrykheid
is wat Hy doen,
ו WAW
en sy geregtigheid hou stand vir altyd.
ז ZAJIN
4Hy het bewerk dat sy wonders
onthou word.
ח GET
Genadig en barmhartig is die Here.
ט TET
5Hy het kos gegee aan wie
vir Hom ontsag het.
י JOD
Hy hou vir ewig sy verbond in gedagte.
כ KAF
6Die krag van sy dade het Hy
aan sy volk bekend gemaak
ל LAMED
deur die erfdeel van nasies
aan hulle te gee.
מ MEM
7Die werk van sy hande
is betroubaar en reg.
נ NUN
Betroubaar is al sy opdragte,
ס SAMEK
8bestendig vir altyd, vir ewig –
ע AJIN
dit word nagekom in trou en opregtheid.
פ PE
9Verlossing het Hy vir sy volk gestuur.
צ TSADE
Hy het sy verbond vir ewig voorgeskryf.
ק KOF
Heilig en ontsagwekkend is sy Naam.
ר RESJ
10Die begin van wysheid
is ontsag vir die Here;
שׂ SIN
almal wat sy opdragte uitvoer,
het goeie insig.
ת TAW
Sy lof hou vir altyd stand.

Tans Gekies:

Psalms 111: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid