Numeri 21:4-9

Numeri 21:4-9 AFR20

Die Israeliete het van die berg Hor af weggetrek met die pad na die Rietsee om rondom die land Edom te trek. Maar op pad het die volk ongeduldig geraak. Die volk het teen God en teen Moses uitgevaar: “Waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterf? Want daar is geen brood of water nie, en ons walg van die ellendige kos.” Die HERE het toe giftige slange onder die volk ingestuur en hulle het die volk gepik. Baie mense van die volk Israel het gesterf. Die volk het na Moses gekom en gesê: “Ons het gesondig, want ons het teen die HERE en teen jou uitgevaar. Bid tot die HERE dat Hy die slange van ons af wegneem.” Moses het toe vir die volk gebid. Die HERE het vir Moses gesê: “Maak vir jou 'n slang en sit dit op 'n paal, dan sal elkeen wat gepik is en daarna kyk, bly leef.” Moses het toe 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit. Wanneer 'n slang iemand pik, en hy kyk na die koperslang, het hy bly leef.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid