Die Israeliete het weggetrek en kamp opgeslaan by Obot. Daarna het hulle van Obot af weggetrek en kamp opgeslaan by Ije-Abarim in die woestyn, wat langs Moab, aan die oostekant, lê. Van daar af het hulle weggetrek en kamp opgeslaan in die Sereddal. Van daar af het hulle weggetrek en kamp opgeslaan oorkant die Arnon in die woestyn wat uitstrek vanaf die grens van die •Amoriete. Die Arnon is immers die grens van Moab; dit lê tussen Moab en die Amoriete. Daarom word daar in die Boekrol van die Oorloë van die HERE gepraat van: “Waheb in Sufa en die dale, die Arnon, en die hange van die dale wat afvoer na die woongebied van Ar, aanliggend aan die grondgebied van Moab.” Daarvandaan is hulle na Beër. Dit is die put waar die HERE vir Moses gesê het: “Bring die volk byeen, sodat Ek vir hulle water kan gee.” Israel het daarna hierdie lied gesing: “Wel op, put – sing vir hom! Die put – leiers het dit gegrawe; vooraanstaandes van die volk het dit uitgekap, met 'n heerserstaf en hulle septers.” Van die woestyn af is hulle na Mattana, en van Mattana af na Nagaliël, en van Nagaliël na Bamot, en van Bamot na die vallei wat in die gebied van Moab is, naby die kruin van die Pisga, wat 'n uitsig bied oor die wildernis.
Lees Numeri 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: Numeri 21:10-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's