Matteus 18:1-5

Matteus 18:1-5 AFR20

In daardie tyd het die dissipels na Jesus gekom en gesê: “Wie is nou eintlik die belangrikste in die •koninkryk van die hemele?” Hy het toe 'n kindjie nader geroep, hom tussen hulle laat staan en gesê: “•Amen, Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie. Wie homself dus gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemele. En wie een so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid