Josua 24:11-15

Josua 24:11-15 AFR20

Julle het toe die Jordaan oorgesteek en by Jerigo aangekom. Die burgers van Jerigo, die Amoriete, die Feresiete, die Kanaäniete, die Hetiete, die Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete, het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle hand gegee. Ek het 'n vlaag paniek voor julle uit gestuur en dit het hulle, die twee konings van die Amoriete, voor julle uitgedryf. Dit was nie deur julle swaarde en boë nie. Ek het vir julle land gegee waarvoor julle nie hard gewerk het nie, dorpe wat julle nie gebou het nie, waar julle woon, en wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie, maar waarvan julle eet.’ “ Daarom dan, julle moet ontsag hê vir die HERE; dien Hom met opregtheid en getrouheid. Verwyder die gode wat julle voorvaders anderkant die Rivier en in Egipte gedien het, en dien die HERE. Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies julle dan vandag wie julle wil dien, óf die gode anderkant die Rivier wat julle voorouers gedien het, óf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.”