JOSUA 24:11-15
JOSUA 24:11-15 Bybel vir almal (ABA)
Julle het oor die Jordaan-rivier gegaan en by die stad Jerigo gekom. Die mense van Jerigo het oorlog gemaak teen julle. Dit was die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete en Hewiete en Jebusiete. Maar Ek het julle laat wen teen hulle. Dit was nie júlle wapens wat hulle oorwin het nie. Ék het hulle bang laat word, en hulle het gevlug soos die twee konings van die Amoriete. Ek het vir julle 'n land gegee waar julle nie gewerk het nie en stede wat julle nie self gebou het nie. Julle het daar gaan woon en julle het druiwe en olywe geëet van wingerdstokke en olyfbome wat julle nie geplant het nie. Daarom, julle moet die Here dien, julle moet dit altyd en eerlik doen. Julle moet die gode los wat julle voorvaders anderkant die Eufraat-rivier en in Egipte gedien het en julle moet die Here dien. Maar as julle besluit julle wil nie die Here dien nie, dan moet julle vandag kies vir wie julle wil dien. Wil julle die gode dien wat julle voorvaders anderkant die Eufraat-rivier gedien het? Julle woon nou in die Amoriete se land. Wil julle húlle gode dien? Maar ek en my familie sal die Here dien.”
JOSUA 24:11-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe julle die Jordaan deurgetrek en by Jérigo gekom het, het die burgers van Jérigo, die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee en perdebye voor julle uit gestuur, wat hulle voor julle uit verdryf het, — die twee konings van die Amoriete — nie deur jou swaard en nie deur jou boog nie. So het Ek julle dan 'n land gegee waar julle nie aan gearbei en stede wat julle nie gebou het nie, dat julle daarin kan woon; wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van. Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE. Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
JOSUA 24:11-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle het deur die Jordaan getrek en by Jerigo gekom. Die mense wat in besit was van Jerigo, die Amoriete, Feresiete, Kanaäniete, Hetiete, Girgasiete, Hewiete en Jebusiete, het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle mag oorgegee. Ek het al vantevore die twee Amoritiese konings laat moed verloor, en dít het hulle voor julle uit verdryf, nie julle swaarde en julle pyl en boë nie. “Ek het julle 'n land gegee wat julle nie bewerk het nie, stede wat julle nie gebou het nie, maar waar julle kon gaan woon; julle eet van wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie. “Betoon dan nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou. Sien af van die gode wat julle voorvaders anderkant die Eufraat en in Egipte gedien het, en dien die Here. Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”
JOSUA 24:11-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle het toe die Jordaan oorgesteek en by Jerigo aangekom. Die burgers van Jerigo, die Amoriete, die Feresiete, die Kanaäniete, die Hetiete, die Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete, het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle hand gegee. Ek het 'n vlaag paniek voor julle uit gestuur en dit het hulle, die twee konings van die Amoriete, voor julle uitgedryf. Dit was nie deur julle swaarde en boë nie. Ek het vir julle land gegee waarvoor julle nie hard gewerk het nie, dorpe wat julle nie gebou het nie, waar julle woon, en wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie, maar waarvan julle eet.’ “ Daarom dan, julle moet ontsag hê vir die HERE; dien Hom met opregtheid en getrouheid. Verwyder die gode wat julle voorvaders anderkant die Rivier en in Egipte gedien het, en dien die HERE. Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies julle dan vandag wie julle wil dien, óf die gode anderkant die Rivier wat julle voorouers gedien het, óf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.”
JOSUA 24:11-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle het deur die Jordaan getrek en by Jérigo aangekom, en die manne van Jérigo het teen julle geveg, die Amoriete en Feresiete en die Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete; en Ek het hulle in jou hand gegee. En Ek het die perdebye voor jou uit gestuur, wat hulle voor jou uit verdryf het, naamlik die twee konings van die Amoriete; maar nie met jou swaard of met jou boog nie. En Ek het aan julle 'n land gegee waarvoor julle nie gewerk het nie, en stede wat julle nie gebou het nie, en julle daarin woon; van die wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, eet julle. Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid; en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die vloed en in Egipte; en dien die HERE. En as dit in julle oë sleg is om die HERE te dien, kies vir julle vandag wie julle wil dien; of die gode wat julle vaders gedien het wat oorkant die vloed was, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
JOSUA 24:11-15 Die Boodskap (DB)
“Van daar af het julle deur die Jordaan getrek tot by Jerigo, waar hulle teen julle oorlog gemaak het. Buiten hulle was daar ook die Amoriete, die Feresiete, die Kanaäniete, die Hetiete, die Girgasiete, die Hewiete en die Jebusiete wat teen julle oorlog gemaak het. Maar deur my toedoen het julle hulle almal verslaan. Daarom, toe die twee Amoritiese konings hoor dat julle op pad is, het hulle klaar moed opgegee. Dit was nie omdat hulle bang was vir julle swaarde en pyle en boë nie, maar omdat Ek aan julle kant was. Ek het vir julle ’n land gegee waarvan julle nie die lande bewerk het of die stede gebou het nie. Vandag bly julle in daardie stede en eet julle druiwe van wingerde en olywe van olyfbome wat julle nie self geplant het nie. “Daarom,” het Josua gesê, “eer nou die Here en dien Hom met alles binne-in julle. Raak ontslae van die afgode wat julle voorouers in Mesopotamië en in Egipte gedien het en dien die Here! As julle nie bereid is om die Here voluit te dien nie, besluit dan hier en nou wie julle wil dien: die gode wat julle voorouers in Mesopotamië aanbid het of die gode van die Amoriete, in wie se land julle nou bly. Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien.”
JOSUA 24:11-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Julle het toe deur die Jordaan getrek en by Jerigo uitgekom. Die mense van Jerigo het teen julle geveg. Ook die Amoriete, Feresiete, Kanaäniete, Hetiete, Girgasiete, Hewiete en Jebusiete het teen julle oorlog gemaak. Ek het egter almal van hulle in julle mag oorgegee. Ek het die twee Amoritiese konings voor julle uit verdryf. Julle het hulle nie met julle swaarde en julle boë oorwin nie. “Ek het julle ’n land gegee waarvan julle nie die grond bewerk het nie, en ook nie sy stede gebou het nie. Julle bly nou daarin en julle leef van wingerde en olyfboorde wat julle nie self geplant het nie. “Eer nou die HERE en aanbid Hom met volle oorgawe en met getrouheid. Laat vaar die gode wat julle voorouers anderkant die Eufraat en in Egipte aanbid het. Dien die HERE. As julle nie die HERE wil aanbid nie, moet julle vandag vir julleself besluit wie julle dan wil aanbid. Is dit die gode wat julle voorouers anderkant die Eufraat gedien het, of is dit die gode van die Amoriete in wie se land julle nou woon? Ek en my huisgesin sal die HERE aanbid.”