Johannes 8:43-47

Johannes 8:43-47 AFR20

Waarom begryp julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle my woorde nie werklik kan hoor nie. Julle kom van julle vader, die Duiwel, en julle wil die begeertes van julle vader uitvoer. Hy was van die begin af 'n mensemoordenaar, en hy staan nie by die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy 'n leuen vertel, vertel hy dit uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar en die vader daarvan is. Maar omdat Ek die waarheid praat, glo julle My nie. Wie van julle kan sonde by My uitwys? As Ek die waarheid praat, waarom glo julle My nie? Hy wat uit God is, luister na die woorde van God. Dit is waarom julle nie luister nie, omdat julle nie uit God is nie.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Johannes 8:43-47

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid