Rigters 4:17-22

Rigters 4:17-22 AFR20

Sisera het te voet gevlug na die tent van Jael, die vrou van Geber, die Keniet, want daar was 'n vredesooreenkoms tussen Jabin, die koning van Gasor, en die huis van Geber, die Keniet. Jael het uit die tent gekom, Sisera tegemoet, en vir hom gesê: “Draai af, my heer, draai af na my. Moenie bang wees nie!” Hy het na haar, na die tent afgedraai en sy het hom met 'n deken toegemaak. Hy sê toe vir haar: “Gee my asseblief 'n bietjie water om te drink, want ek is dors.” Sy maak toe die leersak met melk oop, en laat hom drink. Sy het hom weer toegemaak. Hy het vir haar gesê: “Staan by die opening van die tent en as hier iemand aankom en vir jou vra, ‘Is daar iemand hier?’ moet jy sê, ‘Nee!’ ” Maar Jael, die vrou van Geber, het 'n tentpen gevat en met die hamer in haar hand het sy stilletjies ingegaan na hom toe. Sy het die tentpen in sy slaap ingeslaan, sodat dit in die grond ingegaan het. Hy was vas aan die slaap van uitputting, en het gesterf. Juis toe Barak besig was om Sisera te agtervolg, kom Jael uit die tent, hom tegemoet, en sê vir hom: “Kom, ek sal jou die man wys wat jy soek.” Hy het saam met haar ingegaan, en kyk, daar lê Sisera dood met die tentpen deur sy slaap!

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid