Rigters 2:11-19

Rigters 2:11-19 AFR20

Die Israeliete het toe gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE; hulle het die Baäls gedien. Hulle het die HERE, die God van hulle voorouers, wat hulle uit Egipteland laat wegtrek het, verlaat, en agter ander gode aangeloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was. Hulle het voor hulle in aanbidding neergebuig en die HERE uitgetart. Hulle het die HERE verlaat en Baäl en die Astartes gedien. Die toorn van die HERE het teen Israel ontbrand. Hy het hulle oorgelewer in die hand van plunderaars, en dié het hulle geplunder. Hy het hulle oorgelewer in die hand van hulle vyande rondom hulle. Hulle kon nie meer standhou voor hulle vyande nie. In al die veldtogte wat hulle onderneem het, was die hand van die HERE teen hulle, ten kwade, net soos die HERE gesê het, ja, net soos die HERE vir hulle gesweer het. Maar wanneer die nood vir hulle op sy hoogste was, het die HERE rigters laat opstaan. Hulle het die volk dan verlos uit die hand van dié wat hulle geplunder het. Ook na hulle rigters het hulle nie geluister nie, want hulle het agter ander gode aan gehoereer en voor hulle in aanbidding gebuig. Hulle het gou afgewyk van die pad wat hulle voorouers gevolg het in gehoorsaamheid aan die HERE se gebooie. Hulle het nie so opgetree nie. Wanneer die HERE vir hulle rigters laat opstaan het, was die HERE met die rigter, en het Hy hulle verlos uit die hand van hulle vyande solank die rigter geleef het. Die HERE het hulle immers jammer gekry vanweë hulle gekreun oor dié wat hulle verdruk en onderdruk het. Maar wanneer die rigter sterf, het hulle nog meer ontaard as hulle ouers deur agter ander gode aan te loop, hulle te dien en voor hulle in aanbidding te buig. Hulle het nie enige van hulle dade en hardnekkige optrede laat vaar nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Rigters 2:11-19

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid