Hebreërs 6:4-8

Hebreërs 6:4-8 AFR20

Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees, en wat die goeie woord van God gesmaak het, en ook die kragte van die komende bedeling, en tog afvallig geword het, weer opnuut tot bekering te bring; aangesien hulle wat hulleself betref, die •Seun van God opnuut kruisig en openlik tot skande maak. Want grond wat die reën indrink wat telkens daarop val, en 'n bruikbare oes voortbring vir hulle om wie se ontwil dit bewerk word, ontvang God se seën. Maar wanneer dit dorings en dissels voortbring, is dit nutteloos en naby vervloeking. Die einde daarvan is verbranding.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Hebreërs 6:4-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid