Genesis 36

36
Esau se nageslag
1 Hier volg die familiegeskiedenis van Esau, dit is Edom: 2 Esau het sy vroue geneem uit die vroue van Kanaän –
Ada, die dogter van Elon, die Hetiet;
Oholibama, die dogter van Ana, die dogter van Sibon, 'n Hewiet;
3Basemat, die dogter van Ismael, die suster van Nebajot.
4Ada het Elifas vir Esau in die wêreld gebring, en Basemat het Reüel in die wêreld gebring. 5Oholibama het Jeüs, Jalam en Korag in die wêreld gebring. Dit is die seuns van Esau wat in die land Kanaän gebore is.
6 Esau het sy vroue, sy seuns en dogters en al die mense van sy huis geneem, ook sy vee, al sy ander diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän bekom het, en gegaan na 'n gebied weg van sy broer Jakob af. 7 Hulle besittings was immers te veel om saam te kon woon. Vanweë hulle diere, kon die land waar hulle as •vreemdelinge gewoon het, hulle nie dra nie. 8 Esau het in die Seïrberge gaan woon. Esau is Edom.
9 Hier volg dan die familiegeskiedenis van Esau, die stamvader van die Edomiete, in die Seïrberge. 10Dit was die name van Esau se seuns:
Elifas, die seun van Ada, Esau se vrou;
Reüel, die seun van Basemat, Esau se vrou.
11Elifas se seuns was:
Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas.
12Timna was 'n byvrou van Elifas, die seun van Esau; sy het Amalek vir Elifas in die wêreld gebring.
Hulle was nakomelinge van Ada, Esau se vrou.
13Dit was die seuns van Reüel:
Nagat, Serag, Samma en Missa.
Hulle was nakomelinge van Basemat, Esau se vrou.
14Dit was die seuns van Oholibama, Esau se vrou en dogter van Ana, die dogter van Sibon:
Sy het Jeüs, Jalam en Korag vir Esau in die wêreld gebring.
15Hier volg die stamhoofde van Esau se nageslag.
Die nageslag van Elifas, Esau se eersgeborene, was:
stamhoof Teman,
stamhoof Omar,
stamhoof Sefo,
stamhoof Kenas,
16stamhoof Korag,
stamhoof Gatam,
en stamhoof Amalek.
Hulle was stamhoofde van Elifas in die land Edom. Dit was die nakomelinge van Ada.
17Dit was die nakomelinge van Reüel, Esau se seun:
stamhoof Nagat,
stamhoof Serag,
stamhoof Samma,
en stamhoof Missa.
Hulle was stamhoofde van Reüel in die land Edom. Dit was die nakomelinge van Basemat, Esau se vrou.
18Dit was die nakomelinge van Oholibama, Esau se vrou:
stamhoof Jeüs,
stamhoof Jalam,
en stamhoof Korag.
Dit was stamhoofde van Oholibama, Esau se vrou.
19Dit was dan die nakomelinge van Esau – dit is Edom – en dit was hulle stamhoofde.
20 Dit was die nakomelinge van Seïr, die Goriet, inwoners van die land:
Lotan, Sobal, Sibon, Ana,
21Dison, Eser en Disan.
Dit was die stamhoofde van die Goriete, die nageslag van Seïr, in die land Edom.
22Lotan se seuns was
Gori en Hemam;
Lotan se suster was Timna. 23Dit was Sobal se nageslag:
Alwan, Managat, Ebal, Sefo en Onam.
24Dit was Sibon se nageslag:
Aja en Ana. (Dit is die Ana wat op warmbronne afgekom het in die woestyn toe hy die donkies van sy vader Sibon daar laat wei het.)
25Dit was die nageslag van Ana:
Dison en Oholibama, die dogter van Ana.
26Dit was die nageslag van Dison:
Gemdan, Esban, Jitran en Keran.
27Dit was die nageslag van Eser:
Bilhan, Saäwan en Akan.
28Dit was die nageslag van Disan:
Us en Aran.
29Hier volg die stamhoofde van die Goriete:
stamhoof Lotan,
stamhoof Sobal,
stamhoof Sibon,
stamhoof Ana,
30stamhoof Dison,
stamhoof Eser,
en stamhoof Disan.
Dit was die stamhoofde van die Goriete, naamlik hulle stamhoofde in die land Seïr.
31 Dit is die konings wat in die land Edom regeer het voordat 'n koning oor die Israeliete regeer het:
32Bela, seun van Beor, het koning geword in Edom, en die naam van sy dorp was Dinhaba.
33Bela het gesterf, en in sy plek het Jobab, seun van Serag, uit Bosra, koning geword.
34Jobab het gesterf, en in sy plek het Gusam, uit die gebied van die mense van Teman, koning geword.
35Gusam het gesterf, en in sy plek het Hadad, seun van Bedad, wat die Midianiete in die gebied van Moab verslaan het, koning geword; die naam van sy dorp was Awit.
36Hadad het gesterf, en in sy plek het Samla, uit Masreka, koning geword.
37Samla het gesterf, en in sy plek het Saul, uit Regoboot-Hannahar koning geword.
38Saul het gesterf, en in sy plek het Baäl-Ganan, seun van Agbor, koning geword.
39Baäl-Ganan, seun van Agbor, het gesterf, en in sy plek het Hadar koning geword; die naam van sy dorp was Paü. Sy vrou se naam was Mehetabel, dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.
40 Hier volg die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle grootfamilies, met hulle name, volgens hulle woonplekke:
stamhoof Timna,
stamhoof Alwa,
stamhoof Jetet,
41stamhoof Oholibama,
stamhoof Ela,
stamhoof Pinon,
42stamhoof Kenas,
stamhoof Teman,
stamhoof Mibsar,
43stamhoof Magdiël,
en stamhoof Iram.
Dit was die stamhoofde van Edom, volgens hulle woonplekke, in die gebied van hulle erfgrond. Dit was dan Esau, die voorvader van die Edomiete.

Tans Gekies:

Genesis 36: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid