Die hele aarde het een taal gehad en dieselfde woorde. Met hulle trek na die ooste kom hulle toe af op 'n vallei in die land Sinar en gaan woon daar. Hulle het vir mekaar gesê: “Kom ons maak kleistene en bak dit hard.” Die kleistene word toe hulle boustene, en asfalt word hulle messelklei. Hulle sê toe: “Kom ons bou vir ons 'n stad en 'n toring met sy bopunt in die hemel, sodat ons vir onsself naam maak; anders versprei ons oor die hele aarde.” Maar die HERE het afgedaal om na die stad en die toring te kyk wat die mensekinders bou. Die HERE sê toe: “Kyk, dit is een volk, en hulle almal het een taal, en dit is maar die begin van wat hulle gaan doen. Nou sal niks van wat hulle beplan om te doen, vir hulle onmoontlik wees nie. Kom, laat Ons afgaan en hulle taal daar verwar, dat die een nie die ander se taal verstaan nie.” Die HERE het hulle daarvandaan oor die hele aarde versprei, en hulle het opgehou om die stad te bou. Daarom word dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar. Daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde versprei.
Lees Genesis 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 11:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's