Hy het ook 'n afskrif van die geskrewe wet wat in Susan uitgevaardig is om die Jode uit te wis, vir Hatag gegee om aan Ester te wys en die inhoud aan haar mee te deel. Hatag moes haar aansê om na die koning te gaan en hom om genade te smeek en te pleit vir haar volk. Hatag het teruggegaan na Ester en Mordegai se boodskap aan haar oorgedra. Ester het Hatag beveel om vir Mordegai te sê: “Al die dienaars van die koning en al die mense van die provinsies van die koning weet dat daar vir enige man of vrou wat na die koning in sy binneste voorhof gaan sonder dat hulle ontbied is, net een reël geld en dit is dat die persoon doodgemaak word. Die enigste uitsondering is wanneer die koning sy goue septer na die persoon uithou en op hierdie manier so iemand se lewe spaar. En ek, ek is nou al dertig dae lank nie na die koning ontbied nie.” Toe Ester se woorde aan Mordegai oorgedra is, het Mordegai haar laat weet: “Moenie dink dat net jy, van al die Jode, sal ontkom omdat jy in die koninklike paleis woon nie. Want as jy wel in hierdie tyd sou swyg, sal daar uitkoms en redding vir die Jode van 'n ander plek af kom; maar jy en jou familie sal omkom. En wie weet of jy nie juis vir 'n tyd soos hierdie koninklike status verkry het nie?” Ester het toe vir Mordegai laat weet: “Gaan versamel al die Jode wat hulle in Susan bevind, en vas ter wille van my. Moet drie dae lank, dag en nag, niks eet of drink nie; ook ek en my diensmeisies sal so vas. Daarna sal ek na die koning gaan, al is dit teen die wet. As ek so moet omkom, kom ek so om.” Mordegai het toe weggegaan en gedoen net soos Ester hom beveel het.
Lees Ester 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Ester 4:8-17
3 Days
The plan hopes to highlight God’s heart for the down-trodden, underprivileged, victims of abuse and discrimination. The study hopes to challenge people to stop dignifying discrimination and to recognize attitudes and practices that are oppressive and contribute towards restoring people’s God-given dignity.
6 Days
What advice do a few lesser known biblical figures have to give Millennials and/or Gen Z-ers? Find out in this 6-day Bible Plan.
10 Days
What if we don’t have to travel far to get close to people who are distant from God? What if Christians were the best neighbors? Would your street change? Would heaven be fuller? A long time ago, a religious leader asked Jesus how to get into heaven. Jesus answered with a question, then the story of the Good Neighbor. No surprise, 2000 years later Jesus’ story still explains how to neighbor. Join Pastor Craig Groeschel and Life.Church in a practical, story-filled guide to meeting your neighbors and loving them as yourself. But don’t just read it—live it!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's