Ester 10:1-3

Ester 10:1-3 AFR20

Koning Ahasveros het belasting ingestel in die hele land en die eilande van die see. Is al sy groot en magtige dade, tesame met 'n noukeurige verslag van die grootheid van Mordegai wat deur die koning vereer is, nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Medië en Persië nie? Want Mordegai, die Jood, was tweede in bevel onder koning Ahasveros, hoog in aansien onder die Jode en gewild onder baie van sy volksgenote. Hy het hom beywer vir die welvaart van sy volk en ingetree vir die voorspoed van sy hele nageslag.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid