Efesiërs 6:1-5
Efesiërs 6:1-5 AFR20
Kinders, wees in die Here aan julle ouers gehoorsaam, want dit is hoe dit hoort. “Eer jou vader en jou moeder,” dit is die eerste gebod met 'n belofte, “sodat dit met jou goed mag gaan, en jy 'n lang lewe op aarde sal hê.” En vaders: Moenie julle kinders uittart nie, maar voed hulle op deur die dissipline en teregwysing van die Here. Slawe, wees met vrees en bewing aan julle aardse eienaars gehoorsaam, met opregte harte, soos aan •Christus








