Daar is iemand alleen, sonder 'n tweede; hy het nie eers 'n seun of broer nie, maar daar is geen einde aan al sy inspanning nie; sy oë raak nie versadig van rykdom nie. Vir wie vermoei ek my en ontsê ek myself die goeie? Ook dit is sinloos en 'n slegte saak. Twee is beter as een, omdat daar vir hulle 'n ruim beloning is vir hulle inspanning. Ja, as hulle val, kan die een sy maat ophelp; maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te help! Ook as twee by mekaar lê, kry hulle warm; maar as daar net een is, hoe kan hy warm word? As iemand die een wil oorweldig – twee kan teen hom standhou. 'n Driedubbele koord word nie maklik gebreek nie.
Lees Prediker 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Prediker 4:8-12
18 Days
Take a step inside Lecrae’s personal reflection on Restoration for insights on developing deeper intimacy with God in the midst of pain and brokenness. Now including new content!
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's