PREDIKER 4:8-12

PREDIKER 4:8-12 NLV

Daar is iemand wat heeltemal alleen is, boonop sonder seun of broer. Tog is daar geen einde aan al sy moeite nie en word sy oë nie versadig met rykdom nie. Hy moet later sê: “Vir wat werk ek so hard en ontsê ek my alle plesier?” Dit alles is sinloos en ’n slegte taak. Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm. Maar hoe kan een wat alleen is, warm word? Iemand kan die een aanval, maar die twee kan weerstand bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.