Prediker 4:7-12

Prediker 4:7-12 AFR20

En weer het ek iets sinloos gesien onder die son: Daar is iemand alleen, sonder 'n tweede; hy het nie eers 'n seun of broer nie, maar daar is geen einde aan al sy inspanning nie; sy oë raak nie versadig van rykdom nie. Vir wie vermoei ek my en ontsê ek myself die goeie? Ook dit is sinloos en 'n slegte saak. Twee is beter as een, omdat daar vir hulle 'n ruim beloning is vir hulle inspanning. Ja, as hulle val, kan die een sy maat ophelp; maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te help! Ook as twee by mekaar lê, kry hulle warm; maar as daar net een is, hoe kan hy warm word? As iemand die een wil oorweldig – twee kan teen hom standhou. 'n Driedubbele koord word nie maklik gebreek nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Prediker 4:7-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid