PREDIKER 4:7-12

PREDIKER 4:7-12 NLV

Ek het nog iets gesien wat sinloos is onder die son: Daar is iemand wat heeltemal alleen is, boonop sonder seun of broer. Tog is daar geen einde aan al sy moeite nie en word sy oë nie versadig met rykdom nie. Hy moet later sê: “Vir wat werk ek so hard en ontsê ek my alle plesier?” Dit alles is sinloos en ’n slegte taak. Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm. Maar hoe kan een wat alleen is, warm word? Iemand kan die een aanval, maar die twee kan weerstand bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PREDIKER 4:7-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid