Dit is die woorde wat Moses gesê het vir die hele Israel oorkant die Jordaan. Dit was in die droë streek in die Araba teenoor Suf, tussen Paran en Tofel, Laban, Gaserot en Di-Sahab. Dit neem elf dae vanaf Horeb tot by Kades-Barnea met die pad deur die Seïrberge. In die veertigste jaar, op die eerste dag van die elfde maand, het Moses alles vir die Israeliete gesê net soos die HERE hom beveel het om vir hulle te sê. Dit het gebeur nadat hy Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Gesbon regeer het, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot regeer het, by Edreï verslaan het. Oorkant die Jordaan, in die land Moab, het Moses begin om hierdie wet vir hulle uiteen te sit. Hy het gesê
Lees Deuteronomium 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Deuteronomium 1:1-5
21 dae
Deuteronomium som die goeie wet van God op en leer dat gehoorsaamheid ons reaksie op sy liefde is. Reis daagliks deur Deuteronomium terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's