Amos 7:10-17

Amos 7:10-17 AFR20

Amasia, die priester van Bet-El, het toe vir Jerobeam, die koning van Israel, laat weet: “Amos het teen u 'n komplot gesmee binne die huis van Israel. Die land sal dit nie kan uithou onder al sy woorde nie; want dit is wat Amos sê, ‘Deur die swaard sal Jerobeam sterf, en Israel sal beslis in ballingskap gaan, weg van sy grondgebied af.’ ” Amasia sê toe vir Amos: “Siener, trap! Vlug vir jou eie beswil na die land van Juda; gaan verdien daar jou brood en profeteer daar. In Bet-El mag jy nie meer verder profeteer nie, want dit is die koning se heiligdom; dit is 'n tempel van die koninkryk.” Amos het geantwoord en vir Amasia gesê: “Ek is nie 'n beroepsprofeet nie en ook nie lid van 'n profetegroep nie; maar ek is 'n veewagter en ek prik wildevye. Die HERE het my agter die kleinvee weggevat en die HERE het vir my gesê, ‘Gaan profeteer vir my volk Israel!’ Hoor dan nou die woord van die HERE: “Jy sê, “ ‘Jy mag nie teen Israel profeteer nie, en jy mag nie teen die huis van Isak driftig preek nie.’ “Daarom, so sê die HERE, “ ‘Jou vrou sal in die stad hoereer, en deur die swaard sal jou seuns en dogters val. Jou grond sal met 'n maatlyn opgedeel word, en jy self sal op •onrein grond sterf. En Israel sal beslis in ballingskap gaan, weg van sy grondgebied af.’ ”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Amos 7:10-17

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid