2 Korinthiërs 8:1-6

2 Korinthiërs 8:1-6 AFR20

Ons laat julle ook weet, broers, van die genade van God wat aan die •gemeentes in Macedonië gegee is: dat hulle, te midde van swaar beproewing as gevolg van verdrukking, hulle oorvloedige vreugde en hulle diep armoede laat oorvloei het in 'n rykdom aan vrygewigheid van hulle kant af. Ek getuig dat hulle na vermoë, ja, selfs bo vermoë, bereidwillig was. Hulle het pleitend by ons aangedring om deel te kan hê aan die genadewerk van hulpverlening aan die heiliges. Dit was nie slegs soos ons gehoop het nie; trouens, hulle het hulleself eers aan die Here gegee, en toe, deur die wil van God, ook aan ons. Gevolglik het ons Titus sterk aangemoedig om, soos wat hy hierdie genadewerk reeds begin het, dit ook net so by julle te voltooi.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Korinthiërs 8:1-6

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid