2 Kronieke 20:6-12

2 Kronieke 20:6-12 AFR20

en gesê: “HERE, God van ons voorouers, is U nie 'n God wat in die hemel is nie? U heers oor al die koninkryke van die nasies. In u hand is krag en mag, en niemand kan teen U standhou nie. Is dit nie U, ons God, wat die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uitgedryf het en dit vir ewig aan die nageslag van u vriend Abraham gegee het nie? Hulle het daarin gaan woon en vir U daarin 'n heiligdom tot eer van u Naam gebou, en gesê, ‘As daar onheil oor ons kom – die swaard, oordeel, pessiekte, hongersnood – sal ons voor hierdie huis, voor U gaan staan, omdat u Naam in hierdie huis is, en omdat ons in ons nood na U om hulp roep, sal U hoor en red.’ Maar nou, hier is die mense van Ammon, Moab en die Seïrberge. U het Israel, toe hulle uit Egipteland op pad was, nie toegelaat om naby hulle te kom nie. Ja, Israel het van hulle af weggedraai en hulle nie vernietig nie. En kyk hoe vergoed hulle ons – hulle kom en verdryf ons uit u eiendom wat U aan ons as besitting gegee het. Ons God, sal U hulle dan nie oordeel nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, teen te staan nie. Ons self weet nie wat om te doen nie, maar op U is ons oë gerig. ”