1 Samuel 17:45-47

1 Samuel 17:45-47 AFR20

Maar Dawid het vir die Filistyn gesê: “Jy kom na my met 'n swaard en met 'n vegspies en met 'n kromswaard, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE, Heerser oor alle magte, die God van die gevegslinies van Israel, van wie jy 'n bespotting maak. Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, en ek sal jou verslaan en jou kop afkap. Ek sal die lyke van die Filistyne se leër vandag nog aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde gee, sodat die hele aarde sal weet dat Israel 'n God het. Dan sal hierdie hele strydmag moet erken dat dit nie deur swaard en vegspies is wat die HERE verlos nie. Ja, die oorlog behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid