1 Samuel 15:1-3

1 Samuel 15:1-3 AFR20

Samuel het vir Saul gesê: “Vir my het die HERE gestuur om jou as koning te salf oor sy volk Israel. Luister dan nou na die woorde van die HERE. So sê die HERE, Heerser oor alle magte, ‘Ek het raakgesien wat die Amalekiete aan Israel gedoen het, oor wat hulle vir Israel in die weg gelê het toe hy uit Egipte opgetrek het. Gaan dan nou en verslaan die Amalekiete. Julle moet alles wat aan hulle behoort, met die banvloek tref. Jy mag nie met hulle medelye hê nie. Jy moet man en vrou, kind en suigeling, bees en skaap, kameel en donkie, laat doodmaak.’ ”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid