By Gibeon het die HERE in die nag in 'n droom aan Salomo verskyn. God het gesê: “Vra wat Ek vir jou moet gee.” Salomo het gesê: “U self het aan u dienskneg, my vader Dawid, oorvloedige troue liefde bewys, omdat hy voor U geleef het in waarheid en geregtigheid, en ook met opregtheid van hart teenoor U. U het hierdie oorvloedige troue liefde teenoor hom volgehou en aan hom 'n seun gegee wat op sy troon sit, soos dit vandag is. En nou, HERE my God, dit is U wat u dienskneg koning gemaak het in die plek van my vader Dawid. Maar ek is 'n jong seun, ek weet nie hoe om uit te gaan of in te kom nie. U dienskneg bevind hom onder u volk wat U gekies het, 'n groot volk wat vanweë sy grootte nie bereken of getel kan word nie. Gee dan aan u dienskneg 'n hart wat luister om as regter op te tree vir u volk, om te kan onderskei tussen goed en kwaad; want wie kan regspreek oor hierdie veeleisende volk van U?” Dit was goed in die oë van die Heer dat Salomo juis dit gevra het. God het vir hom gesê: “Omdat jy hierdie versoek gerig het en nie vir jouself 'n lang lewe gevra het, nie vir jouself rykdom gevra het, en nie die lewens van jou vyande gevra het nie, maar vir jouself onderskeidingsvermoë gevra het om regsake aan te hoor – kyk, Ek voldoen aan jou versoek: Ja, Ek gee aan jou 'n wyse en verstandige hart, sodat daar voor jou niemand was soos jy nie, en ná jou niemand soos jy sal opstaan nie.
Lees 1 Konings 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Konings 3:5-12
5 Days
Many of us see wisdom as something more experienced people have. But, we really can have it no matter how long we’ve lived. This 5-day Plan will give you insight into what godly wisdom actually is and how to gain it.
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronglik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
24 Days
A great way to build your prayer life is to learn from the prayers of others. This plan lets us listen in on prayers from Bible heroes in different situations and for different purposes, and is designed to accompany the message series Pray by Craig Groeschel. (You can watch it online at life.church) Don't pray alone; study this content together with your small group.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's