Daardie nag het die HERE in Gibeon in ’n droom aan Salomo verskyn en God het gesê: “Vra wat jy wil hê en Ek sal dit vir jou gee!” Salomo het geantwoord: “U was baie goed vir my pa, Dawid, omdat hy eerlik, opreg en getrou aan U was. U was besonder goed deur boonop vir hom ’n seun te gee wat hom kon opvolg. O HERE my God, U het my koning gemaak in die plek van my pa, Dawid. Maar ek is soos ’n klein seuntjie wat nog nie weet hoe om op te tree nie. Hier is ek tussen die mense van die volk wat U uitverkies het, ’n volk so talryk dat hulle nie getel kan word nie! Gee my tog die vermoë om met verstandigheid en regverdigheid oor u volk te regeer, want wie kan op sy eie oor hierdie groot volk van U regeer?” Die Here was tevrede met Salomo se antwoord en was bly dat hy hierdie dinge gevra het. Die HERE het hom geantwoord: “Omdat jy dit gevra het en nie vir ’n lang lewe of rykdom of die dood van jou vyande nie, maar vir onderskeiding om met insig te kan oordeel; daarom sal Ek vir jou gee wat jy gevra het. Ek sal jou die vermoë gee van wysheid en insig soos niemand voor jou gehad het of na jou sal hê nie!
Lees 1 KONINGS 3
Luister na 1 KONINGS 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KONINGS 3:5-12
5 Days
Many of us see wisdom as something more experienced people have. But, we really can have it no matter how long we’ve lived. This 5-day Plan will give you insight into what godly wisdom actually is and how to gain it.
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronglik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
24 Days
A great way to build your prayer life is to learn from the prayers of others. This plan lets us listen in on prayers from Bible heroes in different situations and for different purposes, and is designed to accompany the message series Pray by Craig Groeschel. (You can watch it online at life.church) Don't pray alone; study this content together with your small group.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's