1 Johannes 4:1-10

1 Johannes 4:1-10 AFR20

Geliefdes, moenie elke gees glo nie, maar toets die geeste of hulle van God kom, want daar is reeds baie vals profete in die wêreld. Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus •Christus vlees geword het, is uit God, en elke gees wat dit nie van Jesus bely nie, is nie uit God nie, maar is die gees van die Antichris, van wie julle gehoor het dat hy kom, en wat nou reeds in die wêreld is. Julle, kinders, is uit God, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. Hulle is uit die wêreld, en daarom praat hulle soos die wêreld, en luister die wêreld na hulle. Ons is uit God, en wie God ken, luister na ons. Wie nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit herken ons die gees van die waarheid en die gees van die dwaling. Geliefdes, laat ons mekaar liefhê, want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Wie nie liefhet nie, het God nie leer ken nie, want God is liefde. Hierin is die liefde van God aan ons geopenbaar: dat God sy unieke Seun na die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan leef. Hierin bestaan die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het, en sy Seun gestuur het as versoening vir ons sondes.

Video vir 1 Johannes 4:1-10

Versbeeld vir 1 Johannes 4:1-10

1 Johannes 4:1-10 - Geliefdes, moenie elke gees glo nie, maar toets die geeste of hulle van God kom, want daar is reeds baie vals profete in die wêreld. Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus •Christus vlees geword het, is uit God, en elke gees wat dit nie van Jesus bely nie, is nie uit God nie, maar is die gees van die Antichris, van wie julle gehoor het dat hy kom, en wat nou reeds in die wêreld is. Julle, kinders, is uit God, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. Hulle is uit die wêreld, en daarom praat hulle soos die wêreld, en luister die wêreld na hulle. Ons is uit God, en wie God ken, luister na ons. Wie nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit herken ons die gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

Geliefdes, laat ons mekaar liefhê,
want die liefde is uit God,
en elkeen wat liefhet,
is uit God gebore
en ken God.
Wie nie liefhet nie,
het God nie leer ken nie,
want God is liefde.
Hierin is die liefde van God
aan ons geopenbaar:
dat God sy unieke Seun
na die wêreld gestuur het,
sodat ons deur Hom kan leef.
Hierin bestaan die liefde:
nie dat ons God liefgehad het nie,
maar dat Hy ons liefgehad het,
en sy Seun gestuur het
as versoening vir ons sondes.