1 Korinthiërs 5:9-12

1 Korinthiërs 5:9-12 AFR20

Ek het in my brief aan julle geskryf om nie met hoereerders te meng nie. Daarmee het ek beslis nie die hoereerders van hierdie wêreld bedoel nie, of die gierigaards en rowers of afgodedienaars nie, want dan sou julle uit die wêreld moes weggaan. Nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat homself 'n gelowige noem, maar 'n hoereerder of 'n gierigaard is, of 'n afgodedienaar of 'n kwaadprater of 'n dronkaard of 'n rower nie; met so iemand moet julle nie eers saam eet nie. Waarom sou ek die buitestanders oordeel? Moet julle nie eerder diegene in julle eie geledere oordeel nie?

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korinthiërs 5:9-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid