1 Korinthiërs 5

5
Onsedelikheid in die gemeente
1'n Mens hoor werklikwaar van onsedelikheid onder julle, en dan 'n soort seksuele losbandigheid wat selfs nie onder die heidene geduld word nie – dat 'n man met sy vader se vrou saamleef. 2Tog is julle steeds hoogmoedig! Moes julle nie eerder treur, en toesien dat hy wat hierdie daad gepleeg het, uit julle midde verwyder word nie? 3Wat my betref, alhoewel ek liggaamlik afwesig is, is ek in die gees by julle. Asof teenwoordig, het ek reeds die man wat so 'n ding gedoen het, geoordeel. 4-5Wanneer julle in die Naam van ons Here Jesus vergader, en ek in die gees teenwoordig is, gee dan, met die krag van ons Here Jesus, só 'n mens oor aan Satan om sy sondige aard te vernietig, sodat sy gees op die dag van die Here verlos mag word.
6Julle grootpratery is nie mooi nie. Weet julle dan nie dat 'n klein bietjie suurdeeg die hele mengsel deursuur nie? 7Verwyder die ou suurdeeg, sodat julle nuwe deeg kan wees, soos julle inderdaad ongesuurde brood is. Want ook ons Pasgalam, •Christus, is geslag. 8 Laat ons daarom feesvier, nie met ou suurdeeg, die suurdeeg van kwaad en boosheid nie, maar met die ongesuurde brood van opregtheid en waarheid.
9Ek het in my brief aan julle geskryf om nie met hoereerders te meng nie. 10Daarmee het ek beslis nie die hoereerders van hierdie wêreld bedoel nie, of die gierigaards en rowers of afgodedienaars nie, want dan sou julle uit die wêreld moes weggaan. 11Nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat homself 'n gelowige noem, maar 'n hoereerder of 'n gierigaard is, of 'n afgodedienaar of 'n kwaadprater of 'n dronkaard of 'n rower nie; met so iemand moet julle nie eers saam eet nie. 12Waarom sou ek die buitestanders oordeel? Moet julle nie eerder diegene in julle eie geledere oordeel nie? 13God sal die buitestanders oordeel. “Verwyder die slegte mens uit julle midde.”

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid