1 Kronieke 27

27
Leërafdelings van Israel
1 Die Israeliete volgens hulle getal, die familiehoofde, die •aanvoerders van duisend en honderd, en hulle opsieners, was in diens van die koning met betrekking tot elke saak van die leërafdelings wat maand vir maand aan diens of van diens af was, vir al die maande van die jaar. In elke afdeling was daar 24 000 man.
2 Die eerste afdeling vir die eerste maand was onder beheer van Jasobam, seun van Sabdiël. In sy afdeling was daar 24 000 man. 3Uit die nageslag van Peres was hy die hoof van al die aanvoerders van leërafdelings vir die eerste maand.
4Die afdeling van die tweede maand was onder beheer van Dodai, uit Agoag. Miklot was die leier van sy afdeling. In sy afdeling was daar 24 000 man.
5Die derde aanvoerder van die leër, vir die derde maand, was Benaja, seun van Jojada, die hoëpriester. In sy afdeling was daar 24 000 man. 6Hierdie Benaja was 'n held onder die dertig, en in beheer van die dertig. Sy seun Ammisabad was in bevel van sy afdeling.
7Die vierde, vir die vierde maand, was Asael, die broer van Joab, en ná hom was dit sy seun Sebadja. In sy afdeling was daar 24 000 man.
8Die vyfde, vir die vyfde maand, was die aanvoerder Samhut, uit Jisrag. In sy afdeling was daar 24 000 man.
9Die sesde, vir die sesde maand, was Ira, seun van Ikkes, uit Tekoa. In sy afdeling was daar 24 000 man.
10Die sewende, vir die sewende maand, was Geles, uit Pelon, uit die nageslag van Efraim. In sy afdeling was daar 24 000 man.
11Die agtste, vir die agtste maand, was Sibbegai, uit Gusa, uit die Seragfamilie. In sy afdeling was daar 24 000 man.
12Die negende, vir die negende maand, was Abiëser, uit Anatot, uit die stam van Benjamin. In sy afdeling was daar 24 000 man.
13Die tiende, vir die tiende maand, was Marai, uit Netofa, uit die Seragfamilie. In sy afdeling was daar 24 000 man.
14Die elfde, vir die elfde maand, was Benaja, uit Piraton, uit die nageslag van Efraim. In sy afdeling was daar 24 000 man.
15Die twaalfde, vir die twaalfde maand, was Geled, uit Netofa, uit die Otniël-familie. In sy afdeling was daar 24 000 man.
Stamleiers
16Persone in beheer van die stamme van Israel:
Vir die Rubeniete was die leier Eliëser, seun van Sigri;
vir die Simeoniete was dit Sefatja, seun van Maäga;
17vir Levi was dit Gasabja, seun van Kemuel;
vir Aäron was dit Sadok;
18vir Juda was dit Elihu, een van die broers van Dawid;
vir Issaskar was dit Omri, seun van Migael;
19vir Sebulon was dit Jismaja, seun van Obadja;
vir Naftali was dit Jerimot, seun van Asriël;
20vir die nageslag van Efraim was dit Hosea, seun van Asasja;
vir die halwe stam van Manasse was dit Joël, seun van Pedaja;
21vir die halwe stam van Manasse in Gilead was dit Jiddo, seun van Sagaria;
vir Benjamin was dit Jaäsiël, seun van Abner;
22vir Dan was dit Asarel, seun van Jerogam.
Hulle was die aanvoerders van die stamme van Israel.
23 Dawid het die getal van dié wat twintig jaar en jonger was nie in 'n lys opgeneem nie, want die Here het gesê dat Hy Israel so baie soos die sterre in die hemelruim sou maak. 24 Joab, seun van Seruja, het hulle begin tel, maar dit nie afgehandel nie. 'n Oordeel uit toorn het Israel getref oor hierdie tellery, en die getal is toe nie opgeteken by die getal in die kronieke van koning Dawid nie.
Dawid se opsigters en raadgewers
25Oor die voorrade van die koning het Asmawet, seun van Adiël, toesig gehou; en oor die voorrade op die platteland, in die dorpe, gehuggies en wagtorings het Jonatan, seun van Ussia, toesig gehou.
26Oor die werkers op die platteland wat die grond bewerk het, het Esri, seun van Kelub, toesig gehou.
27Oor die wingerde het Simi, uit Rama, toesig gehou, en oor die wynvoorrade in die wingerde het Sabdi, uit Sjefam, toesig gehou.
28Oor die olyfboorde en die wildevyebome in die Sjefela het Baäl-Ganan, uit Geder, toesig gehou, en oor die olievoorrade, Joas.
29 Oor die grootvee wat in Saron gewei het, het Sitrai, uit Saron, toesig gehou, en oor die grootvee in die valleie, Safat, seun van Adlai.
30Oor die kamele het Obil, die Ismaeliet, toesig gehou, en oor die donkies, Jegdeja, uit Meronot.
31Oor die kleinvee het Jasis, uit die nageslag van Hagar, toesig gehou.
Al hierdie manne was toesighouers oor die besittings wat aan koning Dawid behoort het.
32 Jonatan, Dawid se oom, was 'n raadgewer, 'n man met insig, en 'n sekretaris. Jegiël, seun van Gagmoni, moes die koning se seuns bystaan, 33en Agitofel was die koning se raadgewer. Gusai, die man uit Ereg, was die vriend van die koning. 34Ná Agitofel was dit Jojada, seun van Benaja, en Abjatar. Die bevelvoerder van die koning se leër was Joab.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid