1 Kronieke 27:1-15

1 Kronieke 27:1-15 AFR20

Die Israeliete volgens hulle getal, die familiehoofde, die •aanvoerders van duisend en honderd, en hulle opsieners, was in diens van die koning met betrekking tot elke saak van die leërafdelings wat maand vir maand aan diens of van diens af was, vir al die maande van die jaar. In elke afdeling was daar 24 000 man. Die eerste afdeling vir die eerste maand was onder beheer van Jasobam, seun van Sabdiël. In sy afdeling was daar 24 000 man. Uit die nageslag van Peres was hy die hoof van al die aanvoerders van leërafdelings vir die eerste maand. Die afdeling van die tweede maand was onder beheer van Dodai, uit Agoag. Miklot was die leier van sy afdeling. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die derde aanvoerder van die leër, vir die derde maand, was Benaja, seun van Jojada, die hoëpriester. In sy afdeling was daar 24 000 man. Hierdie Benaja was 'n held onder die dertig, en in beheer van die dertig. Sy seun Ammisabad was in bevel van sy afdeling. Die vierde, vir die vierde maand, was Asael, die broer van Joab, en ná hom was dit sy seun Sebadja. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die vyfde, vir die vyfde maand, was die aanvoerder Samhut, uit Jisrag. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die sesde, vir die sesde maand, was Ira, seun van Ikkes, uit Tekoa. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die sewende, vir die sewende maand, was Geles, uit Pelon, uit die nageslag van Efraim. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die agtste, vir die agtste maand, was Sibbegai, uit Gusa, uit die Seragfamilie. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die negende, vir die negende maand, was Abiëser, uit Anatot, uit die stam van Benjamin. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die tiende, vir die tiende maand, was Marai, uit Netofa, uit die Seragfamilie. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die elfde, vir die elfde maand, was Benaja, uit Piraton, uit die nageslag van Efraim. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die twaalfde, vir die twaalfde maand, was Geled, uit Netofa, uit die Otniël-familie. In sy afdeling was daar 24 000 man.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid