1 Kronieke 25

25
Musikante vir die tempeldiens
1 Dawid en die leëraanvoerders het die nageslag van Asaf, Heman en Jedoetoen afgesonder vir dienswerk – hulle wat geesdriftig moes speel op liere, harpe en simbale. Die lys van die manne wat die taak moes uitvoer, in ooreenstemming met hulle dienswerk, was soos volg:
2 Vir die nageslag van Asaf was dit
Sakkur, Josef, Netanja en Asarela, die seuns van Asaf, onder leiding van Asaf, wat op aanwysing van die koning geesdriftig moes speel.
3 Vir Jedoetoen was dit
Jedoetoen se seuns Gedalja, Seri, Jesaja, Gasabja en Mattitja – ses, onder leiding van hulle vader Jedoetoen, wat op die lier geesdriftig moes speel by die dank en loof van die Here.
4 Vir Heman was dit
Heman se seuns Bukkija, Mattanja, Ussiël, Sebuel, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.
5Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in goddelike sake; hulle het aan hom aansien gegee. God het vir Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
6Al hierdie manne het onder leiding van hulle pa's, dit is Asaf, Jedoetoen en Heman, opgetree by die sang in die huis van die Here, met simbale, harpe en liere vir die diens in die huis van God, op aanwysing van die koning. 7Hulle getal, saam met hulle stamgenote wat opgelei was in sang vir die Here, elkeen wat bedrewe was, was 288.
8 Hulle het die lot gewerp met die oog op diensbeurte; op dieselfde wyse vir jonk en oud, vir kenner en leerling.
9Die eerste lot vir Asaf het geval op Josef;
die tweede op Gedalja, hy en sy broers en seuns – 12;
10die derde op Sakkur, sy seuns en sy broers – 12;
11die vierde op Jisri, sy seuns en sy broers – 12;
12die vyfde op Netanja, sy seuns en sy broers – 12;
13die sesde op Bukkija, sy seuns en sy broers – 12;
14die sewende op Jesarela, sy seuns en sy broers – 12;
15die agtste op Jesaja, sy seuns en sy broers – 12;
16die negende op Mattanja, sy seuns en sy broers – 12;
17die tiende op Simi, sy seuns en sy broers – 12;
18die elfde op Asarel, sy seuns en sy broers – 12;
19die twaalfde op Gasabja, sy seuns en sy broers – 12;
20die dertiende op Subael, sy seuns en sy broers – 12;
21die veertiende op Mattitja, sy seuns en sy broers – 12;
22die vyftiende op Jeremot, sy seuns en sy broers – 12;
23die sestiende op Gananja, sy seuns en sy broers – 12;
24die sewentiende op Josbekasa, sy seuns en sy broers – 12;
25die agttiende op Ganani, sy seuns en sy broers – 12;
26die negentiende op Malloti, sy seuns en sy broers – 12;
27die twintigste op Eliata, sy seuns en sy broers – 12;
28die een-en-twintigste op Hotir, sy seuns en sy broers – 12;
29die twee-en-twintigste op Giddalti, sy seuns en sy broers – 12;
30die drie-en-twintigste op Magasiot, sy seuns en sy broers – 12;
31en die vier-en-twintigste op Romamti-Eser, sy seuns en sy broers – 12.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid