Romeine 10

10
1Vriende, ek wens en bid dat God die Israeliete sal red. 2Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle wil baie graag vir God dien, maar hulle weet nie hoe nie. 3Hulle weet nie dat God mense vryspreek omdat hulle in Christus glo nie. Hulle wil nie hê God moet hulle vryspreek soos Hy dit wil doen nie, hulle wil hê God moet hulle vryspreek oor wat hulle self doen. 4Christus het gekom, en nou spreek God mense vry, maar Hy doen dit nie omdat hulle doen wat die wette sê nie, Hy spreek hulle vry omdat hulle glo.
5Moses het geskryf oor mense wat doen wat God se wette sê sodat God hulle kan vryspreek. Moses het gesê:
Elkeen wat doen
wat die wette sê, sal lewe
omdat hy dit gedoen het.
6Maar ons lees dat mense moet glo sodat God hulle kan vryspreek. Daar is geskryf:
Jy moenie vir jouself vra
wie sal opgaan
na die hemel nie.
Dit beteken ons moenie opgaan na die hemel en vir Christus afbring na die aarde nie. 7Daar is ook geskryf:
Jy moenie vir jouself vra
wie sal afgaan na onder
die aarde nie.
Dit beteken ons moenie afgaan na die mense wat dood is om vir Christus te gaan haal nie. 8Nee, daar is geskryf:
Die boodskap van God
is naby jou,
dit is in jou mond en in jou hart.
Daardie boodskap is die boodskap dat ons moet glo. Dit is die boodskap wat ons vir julle bring. 9As jy met jou mond sê jy glo Jesus is die Here, en as jy in jou hart glo dat God Hom weer laat lewe het, dan sal God jou red. 10Want ons glo in ons hart, en daarom spreek God ons vry. En ons sê met ons mond dat ons glo, daarom red God ons. 11Want in die Ou Testament is geskryf:
Die mense wat in Hom glo,
sal wen,
Hy sal hulle nie alleen los nie.
12Ja, Hy spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie, Jode of mense wat nie Jode is nie. Hy is Here van almal en Hy is baie goed vir almal wat vir Hom vra dat Hy hulle moet red. 13Want in die Ou Testament is geskryf:
Die Here red almal
wat tot Hom bid en wat vra
Hy moet hulle red.
14Maar mense kan net vir die Here vra dat Hy hulle moet red as hulle in Hom glo. En hulle kan net in die Here glo as hulle van Hom gehoor het. En hulle kan net van die Here hoor as iemand vir hulle preek. 15En mense kan net gaan preek as iemand anders hulle stuur om te gaan preek. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is:
Dit is mooi wanneer iemand kom
en goeie nuus bring.
16Maar die Israeliete het nie almal geglo nie. Daarom vra Jesaja:
Here, wie het
ons boodskap geglo?
17Mense kan net glo as hulle die boodskap gehoor het, en die boodskap wat hulle moet hoor, is die boodskap oor Christus. 18Ek vra: Het die Israeliete die boodskap gehoor? Ja, hulle hét dit gehoor, dit is seker, want in die Ou Testament is geskryf:
Hulle boodskap het gekom
by al die mense op die aarde,
die dinge wat hulle sê, het gekom
by al die mense van die wêreld.
19Ek vra: Het die Israeliete die boodskap verstaan? Ja, hulle hét dit verstaan, want Moses het lank gelede gesê dat God sê:
Ek sal julle jaloers maak
op 'n volk wat nie regtig
'n volk is nie,
en Ek sal julle kwaad maak
vir 'n volk wat niks
verstaan nie.
20En later het Jesaja dit reguit gesê. Hy het gesê dat God sê:
Ek het mense na My toe laat kom
wat My nie gesoek het nie,
Ek het verskyn aan mense
wat nie gevra het
waar Ek is nie.
21Maar God sê oor die Israeliete:
Ek het my hande uitgesteek
na hulle toe, elke dag,
maar hulle was ongehoorsame
en hardkoppige mense.

Tans Gekies:

Romeine 10: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid