Openbaring 21:4-5
Openbaring 21:4-5 ABA
God sal al die trane van hulle oë afvee! Hulle sal nooit sterf nie! Hulle sal nooit huil en kla nie! Hulle sal nooit seerkry nie! Want die ou dinge het verbygegaan!” En God wat op die troon sit, het gesê: “Kyk! Ek verander alles! Ja, Ek maak alles nuut!” God het ook gesê: “Jy moet skryf wat Ek sê, want Ek doen altyd wat Ek sê, Ek praat altyd die waarheid.”








