Psalms 19:1-7

Psalms 19:1-7 ABA

Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid. Die hemel sê God is koning, die hemeldak vertel wat Hy gedoen het. Die een dag sê dit vir die volgende dag, die een nag sê vir die volgende nag wat gebeur het. Niemand hoor dat die hemel praat nie, hy praat nie 'n taal en woorde nie. Maar oral weet die mense wat die hemel sê, mense van die hele wêreld verstaan hierdie taal. God het vir die son 'n plek gegee in die lug, en wanneer die son opkom en soos 'n soldaat vrolik op sy pad begin loop, dan is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom. Die son kom ver in die ooste op en gaan ver in die weste onder, en niemand kan wegkruip vir hom nie, hy laat almal warm kry.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid